Casparus Petrus Hoogenhout (*1843 – †1922) was ’n vroeë Afrikaanse skrywer. Hy was ’n lojale ondersteuner van die Afrikaanse Taalbeweging; tewens was hy ’n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners en het reeds in 1873 in die taal begin skryf. Hy het waarskynlik van sy eerste vertalings van die Bybel in Afrikaans gedoen. Hy het ook dikwels bydraes vir Die Afrikaanse Patriot geskryf onder die naam Oom Jan wat Versies Maak. Hy skryf ook onder die skuilname Klaas Waarzegger Jr. en Cupido. In hierdie gesprekke is oom Jan die verpersoonliking van die verstandige en lojale Afrikaner, wat die regte van Afrikaans bevorder, terwyl Daantjie Loslaat nog van die waarde van Afrikaans oortuig moet word. Reeds in 1873 verwerk hy Die geskiedenis van Josef voor Afrikaanse kinders en huissouwens in hulle eige taal geskrywe deur een vrind, wat as die eerste kinderboek in Afrikaans beskou kan word. Hy tree in 1908 af as onderwyser en is in 1922 oorlede.

 

Met dié toekenning word erkenning gegee aan persone se besondere bydrae tot die uitbou en ontwikkeling van Afrikaans deur middel van die media en publikasies.