Ons het almal daardie een onderwyser wat ’n verskil gemaak het in ons skoolloopbaan. Onthou jy nog hoe jou Graad 1-juffrou jou op jou eerste dag gerusgestel het? Of hoe jou Wetenskap-meneer vir jou ’n nuwe wêreld oopgemaak het met kennis? Of hoe jou kunsjuffrou jou toegelaat het om te droom?

Die FAK bied vir jou die geleentheid om erkenning te gee aan dié onderwyser wat vir jou ’n rolmodel is. Laat weet ons hoekom jou onderwyser die beste in haar/sy veld is en maak ’n plan om haar/hom te vereer.

 

[contact-form-7 404 "Not Found"]