Die FAK pak jaarlikse projekte aan om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis te bewaar en ontwikkel.

Vanjaar het ons boekrak nog voller geword met verskeie uitnemende publikasies vir jóú om van te kies!

“Pretoria het ’n uiters interessante geskiedenis, wat verdien om geboekstaaf te word.” Só vertel prof. Anton Carl van Vollenhoven in die voorwoord van sy boek Die geskiedenis van Pretoria: Van vroegste tye tot die hoofstad en Jakarandastad. Daar is al verskeie publikasies uitgegee oor die geskiedenis van dié stad, maar dit is die eerste keer dat inligting omtrent die voorgeskiedenis van die area in detail geboekstaaf word. Kry joune vandag vir slegs R200.

Oudpolitikus Stoffel van der Merwe neem jou met sy nuwe boek ’n Reis deur tyd en emosie in die politiek op ’n reis deur die Suid-Afrikaanse politiek. Hy ontleed die jarelange diep emosionele reis deur die geskiedenis van Afrikaanse leiers en volgelinge om ideale waaraan hulle oor ’n lang tyd verknog was te moes laat vaar. Kry nou jou kopie vir slegs R250.

Die Afrikaanse Sinoniemwoordeboek beskryf ’n pionier as iemand wat “eerste is,” iemand wat lei of iemand wat inisiatief neem. In die FAK se nuwe publikasie Afrikanerpioniers kan jy meer leer oor die mans en vroue wat die voortou geneem het en met voorposdenke gehelp het om ons land tot stand te bring. Kry jou eksemplaar van Afrikanerpioniers vir slegs R50 en kom saam met ons op ’n reis deur die geskiedenis.

Vanjaar is die 185-jaar herdenking van die Groot Trek, asook 185 sedert die Slag van Italeni, waar Piet en Dirkie Uys gesterf het, plaasgevind het. Die eerste weergawes van die slag is deur die werk van Gustav Preller geboekstaaf in die reeks Voortrekkermense. Hierdie werk was gegrond op die herinneringe van die oudtrekkers self en daar was vier ooggetuieverslae van Italeni. Ongelukkig was dit eers sowat 60 jaar na die slag opgeteken, en is daar heelwat gebreke en teenstrydighede in die herinneringe. Nuwe navorsing het met behulp van moderne tegnologie onteenseglik bewys dat die huidige kennis oor die Slag van Italeni foutief is. Die vorige terreinnavorsing van onder meer HC de Wet en Ian Uys kon nie die geveg bevredigend beskryf wat sou inpas met die herinneringe van diegene wat betrokke was nie. Kry Gerrit Haarhoff se Die Slag van Italeni vir slegs R125 en leer meer oor die groot trek en die gebeure van dié bekende veldslag.

Kontak vir izelle@kultuurtuiste.org.za om enige van die publikasies te bestel.

Koerierkoste is beskikbaar teen R110 per pakkie.