Almero

When:
August 24, 2017 all-day
2017-08-24T00:00:00+02:00
2017-08-25T00:00:00+02:00
Where:
Drostdy Teater
48 Alexander St
Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Suid-Afrika
Cost:
R100
Almero @ Drostdy Teater | Stellenbosch | Western Cape | Suid-Afrika

Die 19-jarige Almero het sy loopbaan begin toe bekroonde sanger en liedjieskrywer, Bouwer Bosch, hom onder sy vlerk geneem het. Hulle het saam twee enkelsnitte geskryf en vrygestel en Almero het ook einde 2016 sy debuut, Vuurvas, vrygestel.

Hy is in die hartjie van die Vrystaat gebore en word deur baie beskou as ‘n vars stem in die Afrikaanse musiekindustrie.  Hy is ook ‘n skrywer en sy eerste boek word in September gepubliseer. Hy maak saam met sy broer musiek en stel dit hoofsaaklik via Youtube vry – die eerste van hulle soort in die Afrikaanse musiekbedryf. Hulle is albei betrokke by die nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie LiefdeWen en Almero is die meesterbrein agter die LiefdeWen Digbundel wat in September vrygestel word.

Almero maak in Augustus vir die eerste keer ‘n draai in die Kaap en Stellenbosch. Die vertoning beloof om vol klavier-gedrewe melodieë en lirieke, wat jou na jou asem sal laat snak, te wees. Hy deel ook stories van  hul reis in die musiekwêreld. Moet nie hierdie geleentheid misloop nie, en kom geniet saam die warm musiek en woorde van Almero.