Miss Mandy en haar pianis , Coenraad Rall,keer terug na Die Boer met haar nuwe produksie , “So onner deur die maan” , wat vanjaar by die KKNK gedebuteer het. In hierdie produksie weef sy van die minder bekende liedjies van haar albums Kerse teen die Donker,Verspreide Donderbuie , Hotel Royale , Vrou by die Spieël en Op’n Klein Blou Ghoen met poësie en stories. In tipiese Strydom tradisie,voeg sy ook ‘n skeut Piaf, Brel en ‘n paar verrasings by vir soet nostalgie so onner deur die maan.