Amanda Strydom – So onner deur die maan

When:
September 7, 2017 all-day
2017-09-07T00:00:00+02:00
2017-09-08T00:00:00+02:00
Where:
Atterbury Teater
Cost:
R160-R180
Amanda Strydom - So onner deur die maan @ Atterbury Teater

So onner deur die maan het vanjaar by die KKNK gedebuteer voor uitverkoopte sale.

In hierdie produksie weef sy van die minder bekende liedjies van haar albums Kerse teen die Donker, Verspreide Donderbuie, Hotel Royale, Vrou by die Spieel en Op `n Klein Blou Ghoen met poesie en stories. In tipiese Strydom tradisie, voeg sy ook `n skeut Brel en `n paar verrassings by vir soet en minder soet nostalgie so onner deur die maan.

Strydom sny soms diep met hierdie produksie en sing oor sosiale kwessies wat die mens en die planeet raak. Ilza Roggeband skryf in haar resensie: Miss Mandy kan `n boodskap oordra. Sy weet hoe om met woorde, haar eie en die van ander skrywers,om te gaan. Sy kan met musiek werklik met jou praat sonder dat dit ooit voel dat sy preek. Elke liewe woord is hoorbaar, elke liewe woord het betekenis. Sy is nou maar net eenvoudig in `n klas van haar eie en ek begin al klaar paniekerig raak. Waar sal ons volgende Miss Mandy vandaan kom?