Bereboksie Vol Vlerke – Pretoria

When:
May 30, 2018 all-day
2018-05-30T00:00:00+02:00
2018-05-31T00:00:00+02:00
Where:
Attwebury-teater
4 Daventry St
Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Suid-Afrika
Cost:
R180 tot R200
Bereboksie Vol Vlerke - Pretoria @ Attwebury-teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

In die kunstewereld is daar ‘n wonderlike oor-en-weer ge-inspireerdery wat plaasvind. Die skilderye, beeldhouwerke en unieke storiestukkies van Lidi de Waal was waar bekroonde musikant, Lizanne Barnard haar muse ontmoet het en so het 13 toonsettings in die album “GEVLERKTES” hulle lewe gekry.

Saam met musikante Leon Ecroignard, Pyjama Shark en Thys van Deventer voer Barnard haar musiek uit wat enige iets vanaf progressiewe rock, boeremusiek, liefdesliedjies, Latin en reggae insluit.

Veteraanaktrise Elize Cawood vertel die stories van Ouma se liefde en se leed soos gesien deur die oe van haar kleinkind. Ouma is nie op haar bek geval nie en die klein dorpie se inwoners kry ‘n piece of her mind of hulle daarvoor vra of nie. Maar ook ‘n deel van haar hart en haar wonderlike wyshede.

Bereboksie vol Vlerke neem die gehoor op ‘n ryk storiereis met musiek, projeksies en byklanke wat sal sorg vir ‘n paar trane, maar ook `n lag en `n skater.

‘n Kunsuitstalling van Lidi de Waal se werk asook ‘n kort voorprogram deur Garsfontein se Meisieskoor vorm deel van hierdie unieke geleentheid.