Die reuk van appels

When:
September 1, 2017 – October 24, 2017 all-day
2017-09-01T00:00:00+02:00
2017-10-25T00:00:00+02:00
Where:
Momentum - Staatsteater
Cost:
R120
Die reuk van appels @ Momentum - Staatsteater

Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar en vreeslik. Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer te midde van toenemende kritiek vanuit internasionale gemeenskappe teenoor Suid-Afrika. Onrus broei op die Angolese grens. In die Kaap is die elfjarige Marnus besig om te leer wat menswees en manwees beteken. ‘n Skokkende ontdekking breek deur die oppervlak van sy alledaagse bestaan om alles onherroeplik te verander. Vanaf daardie beslissende oomblik sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus raak. Gegrond op Mark Behr se veelbekroonde en opspraakwekkende roman wat beskryf word as ‘n baken in die Afrikaanse letterkunde.