Droom Martha met Koos van der Merwe @ Die Boer Restaurant Teater

When:
June 18, 2017 all-day
2017-06-18T00:00:00+02:00
2017-06-19T00:00:00+02:00
Where:
Die Boer Restaurant Teater
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Cost:
R 120
Droom Martha met Koos van der Merwe @ Die Boer Restaurant Teater @ Die Boer Restaurant Teater | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

Dink aan goeie rooiwyn. Miskien ‘n winter-aand voor ‘n kaggel op ‘n Karooplaas. Net julle twee. Of jy alleen, verlangend. Die huil van ‘n jakkals met net die wind as geselskap kom van ver af. Jy wens vir klanke wat kan inpas. Moenie verder soek as Koos van der Merwe se nuwe album Droom Martha Droom nie.

‘n Produksie met musiek van Koos van der Merwe se nuwe album met dieselfde titel wat in Mei 2017 vrygestel word. Die musikale regiseur van die album is Matthys Maree, wat ook die musikale brein agter Koos se vorige twee albums, Leonard Cohen in Afri-kaans en Tamboerynman was. In hierdie produksie word Koos se nuwe digbundel, Nagverse, ook bekendgestel.

Koos bring sy kenmerkende, effe melancholiese dog vleimskerp humoristiese blik op die lewe en die liefde. Martha wag vergeefs op ‘n Karooplaas dat ‘n skarminkel wat kom flankeer het terug sal kom om sy beloftes te hou. ‘n Ander gebroke hart verlang na Katrien wat hom gelos het. Cohen se onvergelykbare “Take This Waltz” (in Afrikaans) en twee van Jaques Brel se heel grootste skeppings vorm deel van hierdie uiters keurige en diepsinnige repertoire.