Elvis Blue word geag as een van SA se mees gewildste en besigste musikante. Met sy outentieke dog charismatiese styl vermaak hy gehore met ‘n mengsel van bekende treffers en nuwe musiek. Met komiese en dikwels nostalgiese stories en vertellinge waar Elvis die stories agter die liedtjies deel, word ‘n mens opgevang in ‘n musikale reis wat beide diep, intiem en onvergeetlik is. Op die rug van die meeste Ghoema toekennings in die geskiedenis, stel Elvis in 2017 sy nuutste Afrikaanse album, Die Brug, bekend en deel dit met gehore landswyd.