Elvis vertel Afrikaans as taal lê hom besonder na aan die hart. “As ‘n jong seun het ons die mooiste Afrikaanse musiek in ons huis gehad. Dit was musiek wat diep tot my gespreek het en wat ek nooit sal vergeet nie. My hoop nou dat ek in Afrikaans ook musiek maak is dat ek kan bydra tot die skoonheid van ons mooi taal.” “Wanneer ek in Afrikaans sing en skryf, dan skryf ek dit vir die mense naby my, soos my ma, my vrou, my kinders… Ek druk myself net beter in my moedertaal uit en Afrikaans is boonop so ’n mooi taal!”