Geleende vere

When:
August 4, 2017 all-day
2017-08-04T00:00:00+02:00
2017-08-05T00:00:00+02:00
Where:
N G Moedergemeente Saal, Vredendal
Cost:
R95
Geleende vere @ N G Moedergemeente Saal, Vredendal

“Geleende Vere” is `n Afrikaanse klug wat in die veertigerjare van die vorige eeu deur die legendariese Andre Huguenet uit die Duits in Afrikaans vertaal is. Dit vertel die storie van Prins Leopold sy lakei, Rudolf. Albei het `n oog vir `n mooi meisie, maar elkeen se taktiek om die regte vrou te kry, verskil. Terwyl die Prins een aand uit is op besoek, maak Rudolf toevallig met Lisa kennis tydens `n telefoongesprek. Hy nooi haar na die paleis en trek vinnig sy “geleende vere” aan om Lisa te beindruk. Alles werk wonderlik – totdat die Prins te vroeg huis toe kom. En dan daag Graaf Gustav Christensen ook onverwags op. Dit lei tot groot konsternasie en Rudolf moet behoorlik bontstaan.
“Geleende Vere” is gesinsvermaak en is geskik vir alle gehore.

Die produksie reis met byna drie ton dekor, kostuums, rekwisiete en beligting na 195 dorpe in Suid Afrika oor die die volgende elf maande.

Gehore kan hul gereed maak vir `n dekorstel en kostuums uit die tydperk van 1890 tot 1895, kort nadat die telefoon en motorkar bekendgestel is. Die oorspronlike teks is ietwat aangepas om dit `n moderner gevoel te gee.