Grethe van der Merwe – Jy Weet

When:
August 23, 2017 all-day
2017-08-23T00:00:00+02:00
2017-08-24T00:00:00+02:00
Where:
Drostdy Teater
48 Alexander St
Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Suid-Afrika
Cost:
R120
Grethe van der Merwe - Jy Weet @ Drostdy Teater | Stellenbosch | Western Cape | Suid-Afrika

Teater en musiekliefhebbers gaan binnekort uitvind dat Grethe van der Merwe nie net een van die Wes-Kaap se jong, vooraanstaande musiekteater regisseurs is nie, maar dat sy ook met haar tweede vollengte album, Jy Weet, bewys dat sy goed op dreef is om vir haarself ‘n blywende naam te maak in die Afrikaanse en Engelse folk / adult-contemporary musiekbedryf.

Grethe se verskeidenheid musiekstyle en haar vermoë om dit so mooi haar eie te maak is duidelik soos wat ‘n mens deur elke pragtige liedjie op haar album moeiteloos sweef en terselfdertyd vasgevang word in haar boeiende lirieke, stem en melodieë. Die klassieke musiekonderrig wat sy tydens haar BMus-opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het asook die kabaret opleiding tydens haar MDram-graad onder die leiding van Marthinus Basson tesame met haar ondervinding as sangonderwyseres, verseker dat sy nie net ‘n geskoolde liedjieskrywer en komponis is nie, maar voeg ook ‘n besonderse gehalte by haar vermoë as sangeres. Dis iets wat ook onteenseglik ervaar word tydens haar optredes op die verhoog.

Vrouemaand gedurende Augustus word gekomplementeer met die vrystelling van haar tweede album, Jy Weet – ‘n album wat eerlik, onvoorspelbaar en oorspronklik is en deel in die geheime, ervarings, genot en seer van vrouwees. Haar lirieke verwoord dit wat ons as mense sukkel om te omskryf en haar musiek herinner jou daaraan dat niemand alleen is nie.