Jennifer Zamudio

When:
August 5, 2017 all-day
2017-08-05T00:00:00+02:00
2017-08-06T00:00:00+02:00
Where:
Musiekskuur
Cost:
R135
Jennifer Zamudio @ Musiekskuur

Op die verhoog is Jennifer ‘n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ‘n gehoor in die palm van haar hand. Haar spontane “weskus-humor” en gemak laat menige konsertganger skater van plesier terwyl hulle maar net nie kan stil sit in een van haar vertonings nie. Jennifer het haarself goed in die musiekbedryf gevestig as sanger, liedjieskrywer en Compére (MC), en net soos wat sy daarvan hou om musiek met lekker woema te sing, is sy self gaande oor haar ernstige emosionele ballades, wat altyd haar kenmerkende alt stem tot sy volle reg laat kom. Jennifer is “verlief op die lewe” en dit word beklemtoon in alles wat sy doen en aanpak. Haar energie is verseker aanvoelbaar en aansteeklik. Jennifer Zamudio stap in 2017 weg met TWEE  Ghoema Musiektoekennings vir “Beste Country Album” & “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”