Joshua na die Reën

When:
May 11, 2018 all-day
2018-05-11T00:00:00+02:00
2018-05-12T00:00:00+02:00
Where:
Tarentaalteater
Cost:
R150-R230
Joshua na die Reën @ Tarentaalteater

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio en Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. Ghoema-musiektoekennings vir Nuweling van die Jaar en Beste Kontemporêre Manlike Kunstenaar, asook ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling, ’n Woordfees-toekenning vir Beste Solo-Kunstenaar en temaliedjies vir verskeie flieks, televisieprogramme en -veldtogte, was maar net die begin van ’n suksesvolle loopbaan wat baie vinnig vlam gevat het. Vanjaar word hierdie sukses gevier met ’n nuwe vrystelling uit dié talentvolle musikant se eie pen.