Karin Hougaard – GREPE

When:
May 27, 2018 all-day
2018-05-27T00:00:00+02:00
2018-05-28T00:00:00+02:00
Where:
Atterbury Teater
Cost:
R160-R180
Karin Hougaard - GREPE @ Atterbury Teater

Karin Hougaard bly sedert 2008 in die VSA. Dis die dat haar Suid-Afrikaanse aanhangers die laaste jare min van haar te sien gekry het. Maar nou is sy terug. Met Grepe wys Hougaard waar sy vandag as kunstenaar en as mens staan. Die vertoning sluit ou treffers soos “Bly” en “Kruietuin” in, maar die gehoor maak ook kennis met haar jongste werk, want doer ver in North Carolina werk sy steeds aan nuwe komposisies. Dan is daar ook liedere wat sy in samewerking met die Nederlandse kunstenaar Herman van Veen geskryf het, en haar vertolkings van Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van sonnette van Shakespeare. Sy sing hoofsaaklik in Afrikaans, aangevul deur enkele liedere in Engels en Nederlands. Karin Hougaard se Grepe is intiem, dinamies, spontaan en literer. Vir hierdie stem- en teksgedrewe vertoning word sy begelei deur die briljante Jaconell Mouton met regie deur Mari Borstlap