KINDERTEATER: LIEWE HEKSIE EN DIE ROLSKAATSE

When:
August 19, 2017 all-day
2017-08-19T00:00:00+02:00
2017-08-20T00:00:00+02:00
Where:
Die Boer Restaurant Teater
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Cost:
R70
KINDERTEATER: LIEWE HEKSIE EN DIE ROLSKAATSE @ Die Boer Restaurant Teater | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

LIEWE HEKSIE EN DIE ROLSKAATSE met Margit Meyer-Rodenbeck en Deon van Zyl

Die geliefde Liewe Heksie is terug!  Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar in Durbanville op Saterdag 19 Aug.  Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.  Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry.  Levinia vra mooi:”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) is die “ultimate”, nimlike Heksie en uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. ‘n Aanbieding vir die hele gesin: by die KKNK het selfs van die volwassenes gesê- dit was hul vermaaklikste produksie in jare!