Kombi-Nasie-Sasolburg

When:
May 14, 2019 all-day
2019-05-14T00:00:00+02:00
2019-05-15T00:00:00+02:00
Where:
Etienne Rousseau-teater, Sasolburg
8 John Vorster Ave
Sasolburg
1947
Cost:
R185
Kombi-Nasie-Sasolburg @ Etienne Rousseau-teater, Sasolburg

Ons is Wicus en Pietman en kuier al jare om die vuur. As bure. As vrinne.

Altwee in die kombi, maar albei wil bestuur. Kom lag. Kom vergeet.

Ons kombineer sousboontjies en beet.

Ons sal vir jou vertel wat ons nog altyd weet. “Ons is Wicus en Pietman en kuier al jare om die vuur. As bure. As vrinne. Altwee in die kombi, maar albei wil bestuur. Kom lag. Kom vergeet. Ons kombineer sousboontjies en beet. Ons sal vir jou vertel wat ons nog altyd weet.”
Peter Mitchell, beter bekend as Pietman die Skot of Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe span hulle kragte saam! Die twee sit nou reeds slaggereed in die OPTOG! kombi…niemand weet waarom nie, so mens los hulle maar. Jy kan mos van min dinge seker wees deesdae, maar hierdie waarborg hulle wel: jy gaan skater en kruip, sing en swaai en voor jy weer sien is jy deel van die lawaai! Dit is ‘n gesing en ‘n gejubel! Kom saam! Kom vergeet van dit wat aan jou kou en kom kry nuwe nuwe dinge om te onthou!