Kuierkonsert met Dana, Jannie en Lochner

When:
September 2, 2017 all-day
2017-09-02T00:00:00+02:00
2017-09-03T00:00:00+02:00
Where:
Protea Hotel By Marriott Kimberley
Cost:
R170
Kuierkonsert met Dana, Jannie en Lochner @ Protea Hotel By Marriott Kimberley

Dit gaan ‘n heerlike kuieroggend wees waartydens ‘n vyfgang kos- en wynpassing gedoen sal word en Professor Hennie van Coller, Navorsingsgenoot in Afrikaans en Nederlands; Duits en Frans, verbonde aan die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat, met immergewilde reisskrywer, Dana Snyman, gaan gesels oor sy werke, sy reise en sy menswees. Dana vertel hoe hy ons pragland plat toer, eg Suid-Afrikaanse rugby kyk en ons mense van nader leer ken. Jannie du Toit en Lochner de Kock kom kuier saam en vermaak ons met musiek, terwyl een van ons beste plaaslike wynmakers, Ian Sieg van Landzicht, ons ‘n kennersklas gee in kos- en wynpassing.

Dis ‘n fynproewersoggend vol styl in eersteklas geselskap … dis ‘n vyfgang-kuierkonsert en ‘n fees vir die sintuie.