Maroela Media en attooh! Buitebioskoop

When:
September 16, 2017 all-day
2017-09-16T00:00:00+02:00
2017-09-17T00:00:00+02:00
Where:
Botaniese Tuin, Pretoria
Pretoria National Botanical Garden
2 Cussonia Ave, Brummeria, Pretoria, 0186
Suid-Afrika
Cost:
R60-R130
Maroela Media en attooh! Buitebioskoop @ Botaniese Tuin, Pretoria | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

Maroela Media en attooh! is uit ons vel van blydskap om jou te vertel dat jy hierdie jaar weer saam met ons die nostalgie van ʼn inryteater – met ʼn bietjie van ʼn kinkel – kan herleef. Kom sprei jou piekniekkombers uit, geniet goeie musiek en kyk drie Afrikaanse flieks saam met ons by die Buitebioskoop!

Die hekke open reeds om 15:00. Kom sommer vroegmiddag al en kry vir jou ʼn lekker plekkie vir jou kampstoel of piekniekkombers. Die immergewilde groep Kaleidoskoop sorg vir die musiek voor die fliek, terwyl die kinders in die speelarea pret kan hê.

Jou gasheer en gasvrou vir die aand is Pierre Breytenbach en Nadia Beukes. Ander bekendes uit die Afrikaanse rolprentbedryf gaan ook saam kom kuier. Daar word vanjaar ook weer ʼn spesiale Maroela-toekenning oorhandig aan ʼn persoon wat diep spore in die Afrikaanse rolprentbedryf getrap het.

As jy nie lus is om ʼn mandjie te pak nie, kan jy heerlike eet- en drinkgoed soos pannekoek, kerrie-en-rys, biltong en koffie en nog vele meer, by stalletjies op die terrein koop. Vanjaar maak ons seker daar is ʼn groot verskeidenheid kosstalletjies sodat jy en jou gesin heel aand kan knibbel. ʼn Wynlandgoed sal sorg vir ʼn glas wyn waaraan jy kan teug terwyl die son ondergaan.