MET ANDER WOORDE…LIZZ MEIRING

When:
July 5, 2018 all-day
2018-07-05T00:00:00+02:00
2018-07-06T00:00:00+02:00
Where:
Die Blou Hond-teater
5 Darlington Rd
Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Suid-Afrika
Cost:
R140 (vertoning), R200 (ete)
MET ANDER WOORDE...LIZZ MEIRING @ Die Blou Hond-teater | Pretoria | Gauteng | Suid-Afrika

MET ANDER WOORDE, is die nuwe slim-snaakse, energieke, eenvrouvertoning deur die multibekroonde aktrise, skrywer en regisseur Lizz Meiring.In hierdie vertoning deel die aweregse, eiesoortige Lizz met gehore ’n versameling sketse, stories en vertellings uit haar eie pen. Met haar buitengewone liefde vir woorde en flymskerp woordspelings, balanseer sy komedie, ironie, satire en patos, haarfyn op ‘n mespunt, teenoor mekaar!

Lizz vertel in die stuk ook grepe uit haar persoonlike lewe en loopbaan en lig die sluier oor die komiese, “lastige ongemaklikhede van kunstenaar wees”, asook die triomfantlike ontsnapping wat net kreatiwiteit aan die ware kunstenaar kan bied.

Lizz, is ‘n teater- en televisie-ikoon wat Suid-Afrikaanse gehore reeds vier-en-dertig jaar vermaak. Met al hierdie ervaring, het Liz voorwaar baie om te sê! Met ander woorde is Lizz op haar skitterende beste! Dis ongetwyfeld topklas teatervermaak wat nie gemis moet word nie! Bespreek betyds om teleurstelling te voorkom!