Mike en Mavis @ Innibos Fees

When:
June 30, 2018 all-day
2018-06-30T00:00:00+02:00
2018-07-01T00:00:00+02:00
Where:
Laerskool Bergland
Vanwijk St & Waterbok St
Nelspruit, 1201
Suid-Afrika
Cost:
R142
Mike en Mavis @ Innibos Fees @ Laerskool Bergland | Nelspruit | Mpumalanga | Suid-Afrika

Mavis Kellerman is ‘n weduwee wat haar afsluit van die lewe. Op ‘n dag ontvang sy ‘n uitnodiging na die opening
van ‘n nuwe bioskoop wat in klassieke prente spesialiseer. Die eienaar is Mike Lewis, ‘n eksentrieke oujongkerel
met ‘n romantiese siel – en hy het ‘n ogie op Mavis. Vryery? Sy besef nie dat hulle ‘n geskiedenis deel nie.

Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te wen en bevind haarself aan die ontvangkant van vryery in haar herfsjare wat afspeel oor ‘n reeks romantiese afsprake. Wat sy egter nie weet nie, is dat sy en Mike ‘n geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging begin het.

Dis ‘n romantiese komedie wat die hartsnare sal roer en hulde bring aan die ou klassieke rolprente.