Nataniël Amper – Lentekombuis

When:
August 7, 2017 all-day
2017-08-07T00:00:00+02:00
2017-08-08T00:00:00+02:00
Where:
Atterbury Teater
Cost:
R200
Nataniël Amper – Lentekombuis @ Atterbury Teater

Is jou kookkunskreatiwiteit nog in sy winterhibernering vasgevang? Water jou mond by die gedagte aan ‘n vrolike gereg om die nuwe seisoen mee in te wy? Nataniël wys in Amper – Lentekombuis vir jou hoe om vinnige vrolike kos voor te berei wat jou gaste sal laat toustaan!

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan hy letterlik op die verhoog en demonstreer eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane spitsvondigheid na die ander kwytraak. Die resepte van die betrokke aand se seisoenkombuis is na die tyd in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op ons webwerf – deel dit met jou mense!

Amper – Lentekombuis vind op 7 Augustus – sit blomme in jou hare en kom kuier saam!