NEIL SOMERS

When:
August 12, 2017 all-day
2017-08-12T00:00:00+02:00
2017-08-13T00:00:00+02:00
Where:
Die Boer Restaurant Teater
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Cost:
R120
NEIL SOMERS @ Die Boer Restaurant Teater | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

’n Storieverteller wat jou siel sal raak

Neil Somers, met sy strelende fluweelstem, het beslis geen bekendstelling nodig in musiekkringe nie. Oor die afgelope paar jaar is van sy werk nie net met TEMPO- en SAMA-benoemings vereer nie, maar treffers soos Anderkant Atlantis, Sinnelose Lente, Eendag op ’n Reëndag, Silwer Kombers en Skipper is ook vriendelik deur radiostasies en die publiek ontvang.

Volgens Neil put hy die inspirasie vir sy musiek uit alledaagse dinge soos mense se stories, die natuur en ander realiteite. “Gewoonlik tref ’n idee vir ’n liedjie my wanneer ek regtig moeg is, dan staan ek op en gaan skryf dit dadelik neer, want môre is daardie goeie liriek of melodie dalk weg”, verklap hy. Aangesien hy lief is vir jag en die natuur, is tye rondom die kampvuur ook vir hom ’n wonderlike skeppingsgeleentheid.

OOR SY NUUTSTE SKEPPING
Ses jaar na sy eerste CD, Anderkant Atlantis, stel Neil ’n splinternuwe album, Hierdie Hande, vry en dit maak opslae in die musiekwêreld. Sy diep stem is die perfekte pasmaat vir elke sielvolle liriek… en die eindresultaat is hoendervleismooi.

Neil beskou dié CD as die hoogtepunt van sy loopbaan en beskryf dit as ’n Afrikaanse Komtemporêre Folk Rock-album, met ’n bietjie Pop hier en daar. “Alles wat voorheen gebeur het, was net om my voor te berei vir die hier en nou.

Hierdie is sover die grootste oomblik van my loopbaan en die musiek wat ek vir hierdie album gekies het, is my beste” sê hy.