Marion Holm deel dankbaar en heel plesierig die lesse, lawwighede en lollerye wat die jaar meegebring het.
Sy speel al die rolle van haar karakters. As jy wil glimlag en net ‘n klein bietjie dink – kom kyk gerus!Marion Holm en Chris Vorster het nog ‘n jaar oorleef en deel dankbaar en plesierig die lesse, lawwighede en lollerye wat die jaar meegebring het. Holm kan steeds nie ander akteurs bekostig nie, so sy speel weer eens AL die rolle self. En in die verbygaan verwys sy ook na ander rolle… As jy graag iets ontstellend ernstig wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie. As jy egter wil glimlag en net ‘n KLEIN bietjie dink ? kom kyk gerus!