Akteur en sanger PHILIP MOOLMAN word deur meeste mense onthou, as André Vorster van “EGOLI, of Neil Macdonald van “SONKRING.” Hy het in Parow grootgeword (Laerskool De Tijger & Hoerskool Tygerberg) en sy loopbaan het afgeskop, met die wen van ‘n landswye sang- en liedjieskryf-kompetisie “Ster ’90” (op die T.V-program Grafitti) waarin hy as beste sanger en liedjieskrywer landwyd aangewys word. (Dit was die “Pop Idols” van daardie tyd.)
Verskeie T.V-produksies het gevolg: Sonkring, Skattejag, Egoli, Konings, Die Netwerk, Wenners, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Getroud met Rugby…asook die romantiese hoofrolle in twee plaaslike rolprente: “Die Prins van Pretoria” en “Inside Out”.
In 2002 open hy “Die Blou Hond” teaterrestaurant , waar hy en dosyne top S.A. kunstenaars weekliks optree. Met die suksesvolle Blou Hond Teater (nou15 jaar oud en gevestig), het hierdie talentvolle akteur, sanger en liedjieskrywer besluit dis weer tyd om sy talente aan ‘n wyer gehoor bekend te stel. Hoofrolle in 4 musikale blyspele het gevolg: ESTHER, LIEFLING, DROOMKIND & ONS VIR JOU, asook `n rol in die film “Snaaks Genoeg.”