Pietman Geldenhuys en Band

When:
August 31, 2017 all-day
2017-08-31T00:00:00+02:00
2017-09-01T00:00:00+02:00
Where:
Die Boer Restaurant Teater
6 Chenoweth St
Durbanville, Cape Town, 7550
Suid-Afrika
Cost:
R140
Pietman Geldenhuys en Band @ Die Boer Restaurant Teater | Cape Town | Western Cape | Suid-Afrika

PIETMAN DIE SKOT: DIE DING VAN ‘N STORIE

In 1981 is Pietman Geldenhuys gebore in Prince Alfred’s Hamlet, Boland, Wes Kaap.  Sy grootword jare is onder meer deurspek met reise saam met sy pa in ‘n vragmotor dwars oor Suid-Afrika. Van kleins af het hy staaltjies oor die reise vertel. Toe Ollie Viljoen se “Spies en Plessis” boonop op die kassie verskyn het die gogga hom op ‘n storie klier raakgebyt. In sy hoërskool jare het die einste gogga hom weer op dieselfde plek gehap met die uitsaai van “Maak ‘n las”. Hy het al die klomp grapmakers haarfyn dopgehou en behoorlik soos een van hulle gevoel as hy sy vriende met die naboots daarvan vermaak het. In sy laat tienerjare (laat 20s), ontmoet hy toevallig vir Ollie Viljoen, die brein agter “Spies en Plessis” en “Maak ‘n las”, en ‘n hegte vriendskap ontstaan. Dis dieselfde vriendskap wat hom toe as’t ware saam met sy eertydse helde op die verhoog plaas. Helde soos Nico Nel, Pyp de Villiers, Arno van Zyl, Alan Huges, Zak du Plessis, Jammies Jamneck. In hierdie vertoning bring Pietman hulde aan van die grootmanne asook die ontslape Tolla van der Merwe, Johanna Jonkers en oom Duisendpoot.

Hierdie vertoning van stories van oraloor word tussendeur ingekleur deur sy alterego, Peter Mitchell, sê staaltjies en musiek van om die wêreld. Kom deel in die humoristiese herlewing van ou TV vriende en al Pietman se ander karakters.