Rock in my taal @ Grand West

When:
June 16, 2017 all-day
2017-06-16T00:00:00+02:00
2017-06-17T00:00:00+02:00
Where:
Grand West Casino
Cost:
R 100 - R 350
Rock in my taal @ Grand West @ Grand West Casino

Francois van Coke se sololoopbaan het in April 2015 met `n knal afgeskop toe hy sy gelyknamige debuutsoloalbum geloods het. Die daaropvolgende jaar kan as `n jaar van grenslose sukses met talle nommer een treffers, uitverkoopte vertonings, toekennings en verpletterde rekords beskryf word. Van Coke se tweede soloalbum, Hierdie is die lewe, is twee maande gelede vrygestel en weer eens ry hy die golf van sukses. Van Coke en sy groep Die Gevaar gaan vanjaar op publieke aandrang die verhoog met Spoegwolf, Koos Kombuis, SAARKIE en vele meer deel by Rock in my Taal, die Afrikaanse rock-geleentheid van die jaar!