Rooidag met Leon Gropp

When:
September 7, 2017 all-day
2017-09-07T00:00:00+02:00
2017-09-08T00:00:00+02:00
Where:
Ou Meulteater
Cost:
R120
Rooidag met Leon Gropp @ Ou Meulteater

(NP van Wyk Louw getoonset en gesing)

Buiten die trefkrag van sy woorde in die gedig- en prosavorm, is dit Louw se intellektuele nalatenskap wat relevant bly. In “Rooidag” word o.a die temas van verganklikheid, liefde en hoop in sy skrywe ondersoek en musikaal vertolk deur Leon Gropp (voorheen van die kitaarduo, CH2).

Gedigtoonsettings sluit in: “Grense”, “Daar is geen woord”, “Rooidag”, “Gebed” en “Ons liefde is ‘n uur se ydelheid”.