Saarkie

When:
May 18, 2018 all-day
2018-05-18T00:00:00+02:00
2018-05-19T00:00:00+02:00
Where:
Tarentaalteater
Cost:
R120-R200
Saarkie @ Tarentaalteater

SAARKIE het die afgelope tien jaar diep spore kom trap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en kandeesdae beskryf word as die land se gunsteling vroulike rockgroep. Hierdie Ghoema (Beste Rock-Album van die Jaar, Beste Album deur ’n Groep of Duo, Groep van die Jaar)- en SAMA (Beste Rock-Album)-benoemde trio is self verantwoordelik vir elke aspek van hulle musiek en bied aan luisteraars ’n eiesoortige, energieke, bars-uit-jou-nate-musiekstyl wat getuig van hulle talent, passie en sinergie. Hulle funky elektries-akoestiese ritmes, solos en verhoogpersoonlikheid laat gehore van alle ouderdomme nader staan om saam te dans.

Die groep het, sedert hul ontstaan, al stempel afgedruk by al die grootste Suid-Afrikaanse muskiekfeeste soos Aardklop, KKNK, STRAB en Innibos en vele meer reg oor die land. Hulle het ook die verhoog gedeel met van die land se bekendstes soos Karen Zoid, Klopjag, Van Coke Kartel, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Die Heuwels Fantasties, The Parlotones, Eden en Pieter Koen.