Mediaverklaring

24 Maart 2023

Theuns Jordaan se lied sing voort in die Liedjietuin

“My seun… My trots… My verlange.”

Hierdie is die woorde van Willie Jordaan, die bekende Theuns Jordaan se pa.

Familie en vriende, waaronder W Jordaan, asook Linda Jordaan, sy suster, het op Vrydag 24 Maart 2023 by die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Afrikaanse Liedjietuin byeengekom om Theuns Jordaan te eer deur hom te verewig met die onthulling van sy liedjiebord in dié tuin.

Tydens hierdie emosionele en intieme seremonie, is die nalatenskap van Theuns gevier. Sy legendariese erfenis is nou vasgemessel tussen ander reuse van die Afrikaanse musiekbedryf, waarin hy so groot aandeel het.

“Ek dink dis ’n geweldige eer wat die FAK hom aandoen,” sê W Jordaan. “Namens Theuns wil ek sê baie dankie.”

Die woorde van ???????????????????????????? ???????????????? is nou in dié bekende rosetuin. Waar kunstenaars gewoonlik self die lied kies, het Theuns se pa voorgestel dat hierdie lied op die bord moet verskyn.

“Ek het nie vir Theuns Jordaan geken nie,” vertel W Jordaan. “Ek het vir Theuns geken, my kind. Ek het eers besef watter rol hy in die hart van die Afrikaner, en selfs die Engelsman gespreel het na sy dood.”

???????????????????????????? ???????????????? is die eerste lied wat Theuns geskryf het toe hy van Stellenbosch af Pretoria toe getrek het.

“Dis ’n eensame lied,” vertel W Jordaan. “Dis ’n bang lied, bang vir hierdie vreemde stad en wat op hom wag.”

Min wetende dat Theuns een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars sou word.

Dr. Danie Langer, besturende direkteur van die FAK, sê: “Selfs as Theuns nog geleef het, sou hy hierdie toekenning gekry het. Dis jammer dat hy dit nie self kan ervaar nie.”

“Waar Theuns nou is, glimlag hy nie net oor die toekenning nie, maar oor vir sy vriende en familie wat hier is,” sê W Jordaan.

Tussen stegies en geboue

In Burnettstraat se oggendkoue

Word die wedloop tot stop gedwing

Dan kom die stilte wat jou huis toe wil bring.