Triomf

When:
September 27, 2017 all-day
2017-09-27T00:00:00+02:00
2017-09-28T00:00:00+02:00
Where:
Atterbury Teater
Cost:
R150-R200
Triomf @ Atterbury Teater

Ons hou konsert op 27 September om fondse vir die Triomfkliniek in te samel. Die Triomfkliniek is in 2014 met die hulp van Atterbury Trust en ‘n paar vrywilligerdokters op die perseel van die Suid-Afrikaanse Vroufederasie (SAVF) in die weste van Pretoria geopen om finansieel behoeftige pasiente met waardigheid te versorg.

Vir hierdie fondsinsamelingskonsert vir die Triomfkliniek, het die immerveelsydige Lizz Meiring aangebied om as seremoniemeester op te tree. Kunstenaars wat op die verhoog te siene sal wees, is Jo Black, Appel en Jacqueline Tolken.