Twee: Sirkels Album Bekendstelling

When:
May 17, 2018 all-day
2018-05-17T00:00:00+02:00
2018-05-18T00:00:00+02:00
Where:
Atterbury Teater
Cost:
R150-R175
Twee: Sirkels Album Bekendstelling @ Atterbury Teater

Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS.

Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag en nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil hê die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas. Herman hou hom selfs rymkletser op een van die liedjies en skerts: “As Ed Sheeran dit kan doen, kan hierdie gemmer mos ook! Ek sit op elke album altyd ‘n lukrake liedjie waarmee ek sommer net die waters toets. Ek is werklik opgewonde om die luisteraars se opinie hieroor ook te hoor.” Maria sê: “Dit is amper onmoontlik om liedjies uit te sonder op die album. Herman het alweer getoor met sy pen!”