Hendrik Bernardus Thom (*1905 – †1983) was ’n bekroonde Afrikaanse skrywer en historikus. Hy het ’n belangrike rol gespeel in die kultuurlewe van die Afrikanervolk, en was die skrywer van ’n aantal belangrike historiese boeke.

Hy dien op die Argiefkommissie en tree op as voorsitter vanaf 1950 tot 1955. Hy was ’n lid van die Historiese Monumentekommissie, (later Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede), 1948–1954; Van Riebeeck-Vereniging; Stigting Simon van der Stel; Stellenbosch Museum en voorsitter van sy Raad van Trustees, 1962–1968.

Vir agttien jaar lank was hy voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Hy dien ook as administrateur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Van 1954 was HB Thom die rektor van die Universiteit van Stellenbosch, tot sy aftrede in 1969.

Met dié toekenning word erkenning gegee aan persone se besondere bydrae tot die uitbou en ontwikkeling van Afrikaans as onderwys en tersiêre taal.