Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Barry Muller

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in Gauteng.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in Noordwes en die Vrystaat.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Kaapprovinsies.

  • Mediaverklaring 27 November 2023 Dit is 225 jaar sedert die geboorte van die held van die Slag van Bloedrivier. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Andries Pretorius se lewe gevier met ’n toer deur Pretoria. Die stad wat na hom vernoem is. Lede van die FAK-Kultuurnetwerke in Pretoria het Saterdag 25 November 2023 [...]

  • Mediaverklaring 1 Oktober 2023 Onderwyseres, huisvrou, skrywer en volksmoeder. Oumatjie Stoffberg (Francina Susanna Aletta, ook genoem Cinie) is deur lede van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnerwerke in Pretoria onthou by haar laaste rusplek in die Rebeccastraat begraafplaas in Pretoria-Wes op die 57ste herdenking van haar dood. Deur die skoonmaak van haar [...]

  • Mediaverklaring 22 November 2023 Tuiste, trots, toekoms. Met só ’n leuse vloei rentmeesterskap en kulturele ambassadeurskap van nature uit die alledaagse werk en handel van ’n kultuurorganisasie. Juis daarom het die FAK besluit om nóg ’n monument in Parys te herstel. Voor die munisipale gebou in dié dorp in die Vrystaat, staan ’n senotaaf [...]