Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Jaco Cilliers

staan aan die hoof van ons nasionale kultuurnetwerkspan.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 5 Maart 2024 Die ongerepte kultuurskat van die koppe rondom Vredefort is Saterdag verken deur ’n groep erfenisentoesiaste wat dié uitstappie nie sommer sal vergeet nie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in hierdie area, tesame met die voorsitter van Erfenis Potchefstroom, Johan Wolfaardt, het meer geleer van argeologie en die [...]

  • Mediaverklaring 20 Januarie 2024 Oom Paul staan nou weer sy plek vol op Kerkplein, Pretoria – sy baadjie blinkskoon en sy hoed afgestof. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, met die ondersteuning van verskeie instellings en die Tshwane-metroraad, maak seker dat Oom Paul steeds fier en trots bo sy Boerekrygers op Kerkplein kan uitstyg. ’n [...]

  • Mediaverklaring 27 Februarie 2024 ’n Groep dapper stappers het die afgelope naweek saam met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in die historiese spore van Piet Retief op sy geboorteplaas gestap. Op Welvanpas, Wellington, het Piet Retief die eerste 27 jaar van sy lewe deurgebring – een van die feite oor hierdie Groot Trek-leier [...]