Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Jaco Cilliers

staan aan die hoof van ons nasionale kultuurnetwerkspan.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  •   Sytze Wopkes Wierda was ‘n Nederlandse argitek en ingenieur wat op 28 Februarie 1839 in Friesland, Nederland gebore is, vanjaar 185 jaar gelede. Hy is in 1911 oorlede in Seepunt en begrawe in die Maitland begraafplaas naby Kaapstad. Personeellede van die FAK kantoor in die Kaap het op die herdenking van sy geboortedag [...]

  • Mediaverklaring 11 Maart 2024 Op Brandfort waak ’n engel ter nagedagtenis van die vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gesterf het. Hierdie is die eerste vrouemonument en is in 1906 voor die NG Kerk Brandfort onthul. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en lede van die gemeenskap in Brandfort neem die beskerming van hierdie [...]

  • Mediaverklaring 5 Maart 2024 Die ongerepte kultuurskat van die koppe rondom Vredefort is Saterdag verken deur ’n groep erfenisentoesiaste wat dié uitstappie nie sommer sal vergeet nie. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in hierdie area, tesame met die voorsitter van Erfenis Potchefstroom, Johan Wolfaardt, het meer geleer van argeologie en die [...]