Kultuurtoer- en geskiedenistoer

Jy het geen verskoning om die persoon te wees wat agterbly nie, want die FAK nooi jou uit om saam met ons te reis na Duitsland en Italië! Die toer is ideaal vir graad 10- en 11-leerders wat Duits of kuns as skoolvakke neem en beloof om elke toerlid se horisonne te verbreed. Daar is wel ‘n keuringsproses betrokke en daarom word jy aangemoedig om voor 28 Februarie aansoek te doen. Stuur ‘n e-pos na zieg@fak.org.za of skakel 012 301 1764 vir meer inligting.

Vanaf 27 November tot 9 Desember (12 dae) besoek ons die volgende stede:

Berlyn, Wittenberg, Leipzig, Dresden, Neurenberg, Dachau, München, Venesië Mestre, Venesië, Napels en Rome

Kom ervaar hoogtepunte soos die Typography of terror, Reichstag-gebou, die Brandenburgse poort, die Monument vir die vermoorde Jode van Europa, Führerbunker, Berlynse muur-gedenkteken, Checkpoint Charlie, Sowjetoorlog-gedenkteken, 

All Saints Church (Kerk waar Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerkdeur vasgespyker het), Budeswehr Museum van Militêre geskiedenis, Dachau konsentrasiekamp en gedenkterrein, Eilande van Venesië, Pompeii, Colosseum, Vatikaanstad en Die Pantheon. 

Die toer word begelei deur opgeleide gidse en verblyf word voorsien in driesterhotelle.