Met die jongspan weer by die huis weens die verpligte tuisinperking, is daar niks soos ‘n lekker boek om hulle mee besig te hou nie.

Met Lapa Uitgewers se keur van kinderboeke, sal die jongspan op verbeeldingsvlugte kan gaan en ook baie nuwe dinge kan leer.

Boeke vol avontuur met ‘n sprokiesverhaalkinkel


OUTEUR: Maritha Snyman

KATEGORIE: Fiksie vir jongmense

PRYS: R250,00

OUDERDOM: 9+

Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel vir meer genot en groter waarde vir geld.

Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het winkels in die winkelkompleks, Ninapark. Hier het die drie maats allerlei opwindende avonture. En elke avontuur klink amper soos ‘n sprokie …

Meisies en seuns is die hoofkarakters. Dit beteken dat ‘n groot aantal lesers met Angelette, Soekie en Toni kan identifiseer.

Die klein boekies met baie inligting

OUTEUR: Fanie Viljoen

KATEGORIE: Niefiksie vir jongmense

PRYS: R40,00 elk

OUDERDOM: 7+

Het jy geweet muskiete is van die dodelikste diere op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie?

Leer meer fantastiese feite oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte. Verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet.

Hierdie splinternuwe reeks deur die geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke. Een bevat fantastiese feite, ’n tweede gruwelike geheime en onopgeloste raaisels, ’n derde vertel oor katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en die vierde een bevat reuserekords van alle soorte.



’n Probleem kan ’n probleem wees

OUTEUR: Rachel Rooney

KATEGORIE: Kleuterfiksie          

PRYS: R140,00

Het jy al ooit ʼn Probleem ontmoet? Hulle kan nogal problematies wees. Meer nog. Grootmense verstaan nie probleme soos klein mensies hulle verstaan nie. Vir ’n klein mensie is alle probleme groot probleme. Hulle moet oorwin word. Maar hoe?

Moenie dat hulle jou broek laat bewe nie. Daar is soveel dinge wat jy kan doen om hulle die hasepad te laat kies!

Hierdie wonderlike boek help ou mense om die jonger garde se probleem met probleme ter harte te neem.

Iets vir almal


OUTEUR: Fanie Villjoen

KATEGORIE: Aktiwiteitsboek

OUDERDOM: 7+

PRYS: R90,00
I

Hierdie boek is vir almal. Vir ouers wat hul kinders wil besig hou en weg van skerms, vir oupas en oumas wat saam het hulle kleinkinders pret wil hê tydens die vakansie, vir onderwysers wat iets lekkers soek om met hulle klasse te doen – en bowenal is hierdie boek vir kinders wat net eenvoudig iets soek om te doen.

Doendinge vir elke dag van die jaar bevat ’n verskeidenheid idees: kunsprojekte, speletjies en eksperimente; ook idees om alleen te doen of saam met vriende.

Elke aktiwiteit het ’n boksie om af te merk en ’n plek om die datum, waarop dit voltooi is, in te vul. Die meeste idees kan oor en oor gebruik word!

Dié boek is ideaal vir onderwysers om reeds in graad R te begin gebruik.

’n Galery van katte

OUTEUR: Ruth Brown

KATEGORIE: Kinderfiks

OUDERDOM: 5+

PRYS: R150,00

Tom besoek ‘n baie spesiale kunsuitstalling waar elke skildery ’n kat bevat. Een vir een spring die katte almal uit hul rame en volg hom, totdat ’n baie groot kat hulle weer na die veiligheid van hul regmatig plekke laat hardloop.

Ruth Brown het haar eie unieke en amusante meesterstukke geskep in die styl van twaalf bekende skilders van regoor die wêreld. Jong kinders sal dit geniet om die skilderye saam met Tom te ontdek, te kyk na die toenemende aantal katte wat hom volg en om die katte by die skilderye te pas.

Hierdie sonderlinge boek is ’n puik inleiding tot kunsgeskiedenis wat deur kinders én hulle oupas en oumas geniet sal word.

Katliefhebbers moet dit nie mis nie.

Magriet die stadshoender

OUTEUR: Melanie Tait

ILLUSTRASIES: Linki Brand

KATEGORIE: Kinderfiksie

OUDERDOM: 5+

PRYS: R60,00

Melanie Tait is ’n bekende in mediakringe en hierdie boeke is geskryf rondom ’n werklike hoender wat haar eie dogter gehelp grootmaak het.

Nina kry ʼn spesiale geskenk vir haar verjaarsdag – ʼn hoender! Die twee is dadelik beste maats. Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê, maar dan verdwyn die eiers. Is daar ’n eierdief?

Magriet hou konsert

OUTEUR: Melanie Tait

ILLUSTRASIES: Linki Brand

KATEGORIE: Kinderfiksie

OUDERDOM: 5+

PRYS: R60,00

Magriet is nie sommer ’n hierjy-hoender nie. Magriet kan konsert hou.

Nina kan nie wag nie, maar skielik raak Magriet se kekkel weg …

Vertel my nog ‘n grappie

OUTEUR: Maritha Snyman

KATEGORIE: Humor

OUDERDOM: 5+

PRYS: R50

Hoekom doen Kersvader so goed karate? Want hy het ‘n swart belt.

As jy wil grappies vertel by jou volgende partytjie, hier is die boek!

Maritha Snyman se Vertel my ‘n grappie was BAIE pret. Hier kom nog vetter pret in Vertel my nog ‘n grappie.

Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats – dit sal ure se lagpret verseker! Kinders sal dol wees op hierdie grappieboek wat grappe oor allerlei onderwerpe bevat.

Oorlewingsgids vir ‘n prinses

OUTEUR: Fedrica Magrin

ILLUSTRASIES: Laura Brenlla

OUDERDOM: 9+

PRYS: R200,00

In hierdie boek sal jy die bekendste prinsesse ontmoet en deur hul verhale en die advies van ’n betroubare towertante te lees, sal jy leer hoe om uit die pad van bose hekse te bly, hoe om getroue vriende en sjarmante prinse te ontmoet.

Wetenskaap

OUTEUR: Leon de Villiers

KATEGORIE: Kinderfiksie

OUDERDOM: 11+

PRYS: R135,00

Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderstebo, wonderlike en snaakse vyte. Dit is ’n heerlike boek vol grappige idees oor dinge. Oud en jonk gaan glimlag vir hierdie heerlike nonsens.

’n Mens wat hou van vyte, word ’n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens.

Wanneer ’n mens goeters uitmekaar haal en dit weer aanmekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis is van breinwurms nadat hulle mense se ongedinkte gedagtes geëet het?