Mediaverklaring

27 Februarie

Melktert, melktert en nog ’n bietjie melktert, asseblief!

 

Melktert is seker elke Suid-Afrikaner se gunsteling en veral op Nasionale Melktertdag is dit nie iets wat ons sommer net verby laat kon gaan nie!

Die FAK-kantoor het deelgeneem aan ’n melktertkompetisie saam met die algehele Kultuurtuiste, dus het ons gekompeteer teen die bestes van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting.

Die FAK het die prys gewen vir die stylvolste melktert! ’n Groot dankie aan Esté Cilliers wat net wéét hoe.

Laerskool Tuine het ons ook kom besoek en vir ons melktert gebring. Die vier hoofleiers, Keagan Watkins, Mea-leigh Müller, Kaileen van der Merwe en Kayden Batt, het die FAK se kantoor kom besoek en ons personeeel verras met die heerlikste melktert.

Mea-leigh Müller, hoofdogter van dié skool, het met die oorhandiging vir dr. Danie Langner, die FAK se besturende direkteur, bedank en gesê: “Dankie dat die FAK die fakkel van kultuur aan die brand hou.”

Hierdie leerlinge is almal opgewonde oor hulle kultuurerfenis en glo dat dit belangrik is om dae soos dié te vier.

Kegan, die hoofseun van Laerskool Tuine het juis gesê: “Dit maak die lewe opwindend om dae soos hierdie te vier en te kan geniet.”

Die FAK-personeel was vandag behoorlik bederf met soveel melktert dat dit by hulle ore uitgeloop het, maar op ’n dag waar “te veel” melktert jou grootste probleem is, is ’n wonderlike, heerlike, fantastiese dag.

Hoe het jy nasionale melktertdag gevier?

20230227_100247