NJ van der Merwe

Nicolaas Johannes van der Merwe (*1888 – †1940) was ’n Afrikaanse kultuurleier, Volksraadslid en predikant in die NG Kerk. Met sy eerste sinodesitting in 1916 stel Van der Merwe voor dat die Bybel in Afrikaans vertaal word en predikante in Afrikaans mag preek. Dié voorstel is goedgekeur. Hy was enige jare as een van die vertalers van die Bybel werksaam. Hy was voorsitter van die Vrystaatse Helpmekaar en lid van die hoofbestuur van die Nasionale Party. Hy was ook lid van die Raad van die Grey-universiteitskollege en ’n direkteur van die Nasionale Pers. In 1921 verwerf hy sy doktorsgraad aan die Vrye Universiteit van Amsterdam met ’n proefskrif in Afrikaans. Van 1921 tot 1924 was hy predikant op Theunissen en van 1924 tot sy dood Volksraadslid vir Winburg vir die Nasionale Party. Hy was ’n stigter en eerste voorsitter van die FAK en het dit gebly tot sy dood. Ook van die Voortrekkerbeweging was hy die eerste nasionale leier tot sy dood in 1940. 

 

Met dié toekenning word erkenning gegee aan persone wat ’n taal- en kultuurtoekoms skep deur uitnemende en diensbare leierskap.