Nicolaas Petrus van Wyk Louw (*1906 – †1970) was ’n letterkundige en professor aan die Gemeentelike Universiteit in Amsterdam en die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was ’n Afrikaanse filosoof, digter, dramaturg en skrywer en die enigste persoon wat die Hertzogprys in drie genres gewen het, naamlik digkuns, drama en kritiese prosa. Hy was nie alleen dosent nie, maar speel ook ’n leidende rol in die literêre en algemene geesteslewe van die Afrikaner deur rigting aan te dui vir ’n intellektuele lewenshouding. Van Wyk Louw beskryf die intellektuele lewenshouding as ’n “fiere nederigheid” wat die oopgelate kring met die aristokratiese ideaal en intellektuele gesprek voltooi. In sy versdrama Raka, bewandel dapper Koki die eensame aristokratiese weg sonder verskonings, sonder toegewings. Alleen staan, selfstaan en bly staan, is slegs moontlik wanneer mens die “hoër, kouer paaie” alleen geloop het en met min maar suiwer woorde die hoërordedoelwitte diep geplant en tot aristokrasie versorg het. Dikwels word alleen al een in die stryd teen Raka.

Met sy penbeitel in die hand het Van Wyk Louw hom verset teen elke agtelose formulering. Hiermee sy weiering geregistreer om hom deur geykte woordgebruik en frases op sleeptou te laat neem. Gemedelers, rigtinggewende doelwitte, verlengende leeftyd van simbole, feitelike en emosionele uitbreiding van ’n verwysingsraamwerk kenmerk die stryd teen ’n mentaliteit van middelmatigheid en onvermoë. Deur die intellektuele lewenshouding en verbeelding het Van Wyk Louw heroïese merkers, nuwe woordvelde en verruimde konteks geskep wat vandag nog geldig vir Afrikaners se toekomsbesluite is.

Met dié toekenning word erkenning gegee aan persone se besondere bydrae tot die uitbou en ontwikkeling van die Afrikaner se intellektuele gesprek en lewensbeskoulike denkraamwerk.