Geskryf deur Dr. Danie Langner, Besturende Direkteur van die FAK

Johannes 19:30

Nadat Jesus suurwyn ingekry het, het Hy een woord uitgeroep. Tetelestia! Dit is volbring! Die woordjie tetelestia vind ons ook in ’n ander taalvorm in Johannes 13:1. Daar staan letterlik “Hy het sy eie mense wat in die wêreld is liefgehad”. Hy het hulle tot die einde toe (eis telos). Die laaste uitroep van die sterwende Jesus is ’n oorwinningskreet, ’n kreet van ewige liefde! 

Tetelestia!

Die millenia-oue plan van God om mense vry te koop, is volbring. 

Die Lamsbloed het gevloei, die offer is aanvaar. Dit is volbring. 

Johannes 19:28 se Skrif is vervul. 

332 Ou Testamentiese profesieë is volbring.

Die wenstreep is bereik. Die oorwinning is behaal. Dit is volbring!

Daarom kan ons: 

met ’n uitroepteken juig oor God se eis telos-liefde 

met ’n uitroepteken dankbaar en diensbaar liefde leef

tetelestia -uitroeptekens plant langs grafte van wanhoop. 

Daarom kan ons sing: “Leeg net met my sondelas” hou ek aan God se eis-telos liefde vas.