Hoofnuus3

December 4, 2013

FAK Jaarverslag 2013

SELFVERTROUE LEEF! Wat is nodig vir Afrikaners om met selfvertroue in die land te leef en ’n positiewe verskil te maak? Die FAK antwoord die vraag […]
December 6, 2013

Die heimwee na die Mandela-era

Mandela as jong prokureur Foto: Webwerf http://seoppc.co.za

Die waardige statuur van Nelson Mandela was histories die gesig van die ANC. Sy internasionale ikoniese status was die versinnebeelding van die beeld van Suid-Afrikaanse swartmense as die verdruktes en witmense as die verdrukkers. Die lang tronkstraf wat hy as leier van die ANC uitgedien het, het hom die simbool gemaak van die ANC se stryd om demokrasie en die bevryding van swartmense.

Deur die jare is die ingewikkelde Suid-Afrikaanse problematiek vereenvoudig tot ‘n stryd tussen die goeie en die slegte- ‘n stryd vir en teen demokrasie en menseregte. Daar is nie ruimte gelaat vir ...Lees Meer

December 11, 2013

Vrae oor nalatenskap van Mandela

nelson mandela

Nelson Mandela is reeds in lewe meer vereer as enige ander mens. Nou, na sy dood, stroom die lofredes in.

Niemand sal waag om ‘n kritiese woord of selfs ‘n ongemaklike vraag te laat val nie. Swyg of word verguis. Mandela is immers onaantasbaar.

Die rede is meervoudig. Mandela verteenwoordig vir die wêreld alles wat goed is: die geduldige, vriendelike man wat verkeerdelik vir sy oortuigings vir 27 jaar tronk toe gestuur is deur ‘n wrede, rassistiese regering; die man wat sy posisie van mag gebruik het om vrede en versoening te bevorder toe hy weerwraak kon geneem het.

Daarom het hy ‘n ...Lees Meer

December 13, 2013

FAK Groeteboodskap Nasionale Vrouemonument

FAK Groeteboodskap Vrouemonument
December 15, 2013

Geloftedag vir Afrikaners ’n dag van ootmoediging en uitredding

Deur MARTHINUS VAN BART Die onthulling ’n eeu gelede van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein word op Geloftedag, eerskomende Maandag, 16 Desember, luisterryk herdenk. Die Federasie […]
January 9, 2014

Volk-staatbetoog vir 2014

Carel2

Carel Boshoff

Geagte mede-Afrikaner

Vanuit Orania hoop ons dat hierdie skrywe u, uitgerus en versterk, gereed vir die eise van 'n nuwe jaar, bereik. Ons vra u aandag vir die onderstaande gedagtes omdat dit vir ons, deels as individuele Afrikaners, maar veral as lede van 'n volk, of nasionale kultuurgemeenskap, van belang is om daaroor te besin. Sake word hieronder meer oorsigtelik eerder as gedetailleerd behandel en word as aanleiding tot gesprek en agtergrond tot besluite wat u gedurende die jaar mag neem, aangebied.

Verduideliking

In demokratiese state is dit gebruiklik dat die staatshoof jaarliks, gewoonlik by die Parlementsopening, 'n “state of the nation”-toespraak ...Lees Meer

January 17, 2014

RA-saak ‘n voorbeeld van uitvoerende inmenging

Trias

Die verhoor in die Wes-Kaap van Solidariteit namens sy lede teen die departement van korrektiewe dienste het heelwat debat oor die toepassing van regstellende aksie ontlok.

Vir diegene wat nie bekend is met die feite nie, dit hou verband met tien applikante (nege word as “bruin” en een as “wit” geklassifiseer ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming) wat almal deur onderhoudspanele vir bevordering aanbeveel is, maar dit nie gekry het nie bloot omdat die posisies waarvoor hulle aansoek gedoen het, vir mense van ander rassegroepe geoormerk is. Die DKD het hul optrede verdedig deur aan te voer dat hulle 'n ...Lees Meer

January 20, 2014

Wat is die liberalisme? Met ’n kort verwysing na Steve Hofmeyr

deur Danie Goosen Daar word dikwels gesê dat die liberalisme een van die grootste ideologiese gevare vir Afrikaners inhou. Maar wat word hiermee bedoel? Nou, alvorens […]
January 28, 2014

Profiel van die swart Afrikaanssprekende gemeenskap: ’n Verkennende studie

deur Frans Jacobs Volgens die 2011-sensus het die totale Afrikaanse taalgemeenskap van 5,99 miljoen in 2001 tot 6,85 miljoen in 2011 toegeneem. Dit verteenwoordig ’n groei […]