Moenie ons erfenis teiken nie
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) meen dit is alle logika ontbloot om grafte op te grawe vir ’n konstruksie- en ontwikkelingsprojek.
Die Msunduzi Munisipaliteit het planne bekend gemaak om die historiese Chief Albert Lethuli Erfenis-begraafplaas te “herwin” met die oog op toekomstige ontwikkeling van die terrein.
Dié historiese begraafplaas huisves grafte van onder meer Voortrekkers, veterane van die Tweede Wêreldoorlog, voormalige burgemeesters en skoolhoofde van die bekende skool Maritzburg College.
Teken ons petisie en help ons om die skandelike ontwikkeling te stop.
