Jou mure verdien ’n bietjie kleur. Die FAK ontwikkel moderne plakkate vir die klaskamer, van Afrikanergeskiedenis tot kleurvol in Afrikaans. By geskiedenis is daar plakkate oor belangrike gebeurtenisse soos die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog; belangrike persone soos Koos de la Rey en Emily Hobhouse. Vir die Afrikaanse klas is daar onder andere plakkate van bekende gedigte en digters. Hierdie plakkate is gratis beskikbaar vir onderwysers en vriende van die FAK. Indien jy belangstel, is jy welkom om ons te kontak by johan@fak.org.za.