FAK Prestige-toekenning vir uitnemende leierskap

Hierdie toekenning word toegeken aan Afrikaners wat uitnemende leierskap getoon het op enige lewensterrein deur ’n lewe van diensbaarheid of ’n eenmalige prestasie. Die toekenning word oorhandig tydens die FAK se jaarlikse Prestige-aand of tydens ’n spesiale geleentheid.

NP van Wyk Louw Toekenning vir die bevordering van Afrikaanse taal en kultuur

Hierdie toekenning word toegeken aan persone wat in die tradisie van NP van Wyk Louw ’n wesenlike bydrae lewer om die Afrikaanse taal, kultuur of geskiedenis te bevorder.

Die toekenning word jaarliks by die NP van Wyk Louw-kultuuraand in Junie en/of die FAK-Prestige-aand in Oktober oorhandig.

HB en MJ Thom Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding

Die prestige-toekenning gee erkenning aan die FAK se langsdienende voorsitter en voormalige rektor van Stellenbosch Universiteit, professor HB Thom en sy eggenote MJ Thom. Hierdie toekenning word toegeken aan persone wat ’n wesenlike bydrae gelewer het om Afrikaanse onderwys en/of Afrikaans in die hoër onderwys te bevorder. Die toekenning word oorhandig tydens die FAK se jaarlikse Prestige-aand of tydens ’n spesiale geleentheid.

FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans in die media

Hierdie toekenning word toegeken aan persone wat Afrikaans deur middel van die media bevorder. Onder Afrikaanse media word verstaan die uitgewersbedryf, koerante, televisie, digitaal, film en/of radio. Die toekenning word tydens die FAK se jaarlikse Prestige-aand of tydens ’n spesiale geleentheid oorhandig.

FAK Prestige-toekenning vir uitnemende kultuurprestasie

Hierdie toekenning word toegeken aan persone of instellings wat uitnemend presteer het en ’n daadwerklike bydrae gelewer het tot die bevordering van die Afrikaanse taal, kultuur of geskiedenis op gemeenskapsvlak. Die toekenning word deurlopend toegeken, verkieslik in die gemeenskap waar die dienswerk gelewer word.

PROSES

  1. Enige Afrikaanse persoon wat voldoen aan die kriteria kan met ’n deeglike aanbeveling genomineer word vanaf Januarie tot Junie.
  2. Die nominasies geskied per e-pos en word vertroulik gerig aan die Besturende direkteur en kan gestuur word aan danielangner@fak.org.za
  3. Die FAK-direksie keur die toekennings goed en hulle besluit is finaal.
  4. Die toekennings word jaarliks op die FAK se Prestige-aand toegeken, tensy anders aangedui.

Kliek op die skakel om te sien wie het al toekennings ontvang.

Geskiedkundige Toekennings

FAK Toekennings