PRESTIGE-TOEKENNINGS

Die FAK fokus op die handhawing en uitbou van Afrikaanse taal en musiek, asook Afrikanerkultuur, geskiedenis en erfenis.

FAK-toekennings vind plaas binne ’n kulturele ideeraamwerk waarvan die gemeenskapsidee, gebalanseerde vertolking van die verlede, strewe na selfstandigheid en kulturele vryheid en kulturele selfvertroue in die openbare lewe ankerpunte is.

FAK-toekennings is nie ’n prys nie, maar erkenning en dankbetuiging vir uitnemende dienswerk wat op verskillende lewensterreine verwerklik word.

Die FAK-toekennings gee erkenning aan persone wat bogenoemde fokuspunte nasionaal, provinsiaal en/of in hulle gemeenskap bevorder.

Deur die toekennings te koppel aan name van historiese figure bevestig die FAK die ideale en dienswerk van ons voorgangers, maar gee ook terselfdertyd erkenning aan die feit dat Afrikaners erfgename is van ’n ryk kultuurskat wat vandag sorgvuldig vir die nageslag bewaar en ontwikkel moet word.

KATEGORIE A: BEVORDERING VAN AFRIKAANS

  • Nicolaas Petrus van Wyk Louw (*1906 – †1970) was ’n letterkundige en professor aan die Gemeentelike Universiteit in Amsterdam en die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was ’n Afrikaanse filosoof, digter, dramaturg en skrywer en die enigste persoon wat die Hertzogprys in drie genres gewen het, naamlik digkuns, drama en kritiese prosa. Hy [...]

  • Casparus Petrus Hoogenhout (*1843 – †1922) was ’n vroeë Afrikaanse skrywer. Hy was ’n lojale ondersteuner van die Afrikaanse Taalbeweging; tewens was hy ’n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners en het reeds in 1873 in die taal begin skryf. Hy het waarskynlik van sy eerste vertalings van die Bybel in Afrikaans [...]

  • Hendrik Bernardus Thom (*1905 – †1983) was ’n bekroonde Afrikaanse skrywer en historikus. Hy het ’n belangrike rol gespeel in die kultuurlewe van die Afrikanervolk, en was die skrywer van ’n aantal belangrike historiese boeke. Hy dien op die Argiefkommissie en tree op as voorsitter vanaf 1950 tot 1955. Hy was ’n lid [...]

  • JC “Jaap” Steyn (*1938 – †2021) was ’n joernalis, dosent in Algemene Taalwetenskap aan die Randse Afrikaanse Universiteit en professor-navorser in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Steyn het tientalle artikels vir vaktydskrifte gepubliseer, hoofsaaklik oor kultuurgeskiedenis, die eksterne geskiedenis van Afrikaans en Suid-Afrikaanse taalpolitiek. Hy ontvang onder [...]

KATEGORIE B: BEVORDERING VAN AFRIKAANSE MUSIEK

  • Chris Blignaut (*1897 – †1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Gedurende 1923 sing hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog met sy vertolking van “Daar oorkant die spruit”. Van toe af het hy die eerste uitvoerende kunstenaar geword van Afrikaanse ligte liedjies. Sy vyf reise deur suidelike Afrika in die jare dertig en veertig [...]

  • Stephanus le Roux Marais (*1896 – †1979) was ’n Suid-Afrikaanse komponis, orrelis en musiekonderwyser. Marais, hoofsaaklik ’n liedere-komponis, is een van die eerste baanbrekers van die Afrikaanse kunslied. Hy het begin in ’n tydperk toe die Afrikaanse taal nog in sy babaskoene was, die getal digters beperk en die bruikbare gedigte skaars was. In hierdie [...]

  • Anton Carlisle Hartman (*1918 – †1982) was ’n dirigent, uitsaaipersoonlikheid, musiekadministrateur en die laaste nagenoeg vier jaar van sy lewe hoogleraar in musiek aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy was onder meer musiekdirekteur van die SAUK, van 1964 tot 1967 voltydse dirigent van die uitsaaikorporasie se simfonieorkes, voorsitter van die FAK se [...]

KATEGORIE C: BEVORDERING VAN AFRIKANERKULTUUR EN -GESKIEDENIS

  • Mediaverklaring 18 November 2023 Die vlam van kultuur en erfenis brand helder in die harte van dié bejaardes. Persone ouer as 60 jaar van die Sewendedag-Adventistekerk in Vaaldriehoek, het 16 November ’n “Op die pad van Suid-Afrika” toer meegemaak. Hierdie toer is deur die Vaal-Kultuurnetwerk aangebied met Kobie Ströh as toergids. Kobie Ströh, lid [...]

  • Willem Henry Jacobus Punt is in Pretoria gebore. As seun van Hollandse immigrante, studeer hy aanvanklik aan die staatsgimnasium in Amsterdam en later in Pretoria, waar hy in 1918 matrikuleer. In 1923 behaal hy die BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en twee onderwysdiplomas; in 1932 die MA-graad in Aardrykskunde en in 1953 die [...]

  • Nicolaas Cornelius Tromp is op 13 April 1949 in Windhoek gebore. Nadat hy gematrikuleer het aan die Windhoek Sekondêre Skool behaal hy die graad BCom aan die Vrystaatse Universiteit. Vanaf 1974 werk hy by NICTUS BEPERK en dien sedert 1979 as besturende direkteur en voorsitter van verskeie direksies van die NICTUS-groep. In 1998 brei [...]

  • Anna Neethling-Pohl (gebore Anna Servasina Pohl; *1906 – †1992) was ’n Afrikaanse aktrise en skrywer wat op die verhoog en in rolprente opgetree het. Sy lewer ook skryfwerk onder die skuilname AP Niehaus en Wynand du Preez. Saam met WA de Klerk skryf sy die briefroman Van Willem en San onder die skuilnaam Anna [...]

  • Nicolaas Johannes van der Merwe (*1888 – †1940) was ’n Afrikaanse kultuurleier, Volksraadslid en predikant in die NG Kerk. Met sy eerste sinodesitting in 1916 stel Van der Merwe voor dat die Bybel in Afrikaans vertaal word en predikante in Afrikaans mag preek. Dié voorstel is goedgekeur. Hy was enige jare as een van die vertalers van die Bybel [...]

  • FA Venter se onmeetbare bydrae tot Afrikaans en letterkunde kan nouliks oorskat word. As skrywer het hy oud tot jonk geïnspireer en verhale van die geskiedenis so vertel dat enige ouderdom daarby kan aanklank vind. Sy boeke is onder meer in Duits, Engels, Sweeds, Nederlands en Spaans vertaal. FA Venter se vier historiese romans oor [...]

KATEGORIE D: FAK-GEMEENSKAPSTOEKENNINGS

  • Algemene FAK-toekenning vir persone wat in hulle gemeenskap taal, kultuur, geskiedenis of erfenis bevorder. Toekennings ontvang 2023 Lientjie Mentz Besondere bydrae tot die bevordering van Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis deur die media 2023 Corlia Botha [...]

GESKIEDKUNDIGE TOEKENNINGS (2013-2021)

  • FAK Prestige-toekenning vir uitnemende kultuurprestasie
  • FAK Prestige-toekenning vir uitsonderlike bydrae om Afrikaans deur die uitgewersbedryf te bevorder en uit te bou
  • FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans in die media
  • HB en MJ Thom Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding
  • NP van Wyk Louw-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse taal en kultuur
  • FAK Prestige-toekenning vir uitnemende leierskap

GESKIEDKUNDIGE TOEKENNINGS (1957-2012)