Ons verstaan dat onderwysers se programme oorlaai is en dat daar nie altyd nog tyd is om ‘n werkswinkel by te woon nie, maar die FAK bied werkswinkels aan wat belyn is met die kurrikulum vir die Afrikaanse en Geskiedenisklaskamer. Tydens die werkswinkels ontvang jy gratis hulpmiddels soos lesplanne, plakkate,  publikasies ens. Dus spaar ons jou tyd sodat jy rustig kan sit en ontspan. Hou ons bladsy dop vir ‘n werkswinkel in jou omgewing of maak met ons kontak om so ‘n werkswinkel aan te bied.