Daar is maar altyd daardie een uitblinker. Hy ken sy geskiedenisfeite op die punte van sy vingers en sy grootste kompetisie is sy niggie wat elke aand twee boeke lees. Die FAK bied gratis wisseltrofees en boekpryse vir Afrikaans en Geskiedenis aan skole wat aansoek doen. Indien jy belangstel, is jy welkom om ons te kontak by johan@fak.org.za.